ATKV debat

Twee debatspanne van Hoërskool Hartbeespoort het die uitdaging opgeneem om deel te neem aan die ATKV Debat Kompetisie van 2019. Albei spanne het hulle goed van hulle taak gekwyt by hierdie jaar se streeksuitdunne was 4-5 Mei te Rustenburg Hoërskool waar sowat 50 spanne uit die streek 8 skole verteenwoordig het. ‘n Kompetisie wat baie ure se navorsing en redenering vereis, het beide spanne geslaag om, met lof van die gesoute beoordellaars, die HSH Debat Klub te verteenwoordig. Die HSH Senior span het hulle uitdun debat gewen, maar dis die ervare Hoërskool Rustenburg wat die streek gaan verteenwoordig in die ATKV semi-finaal.

2019-05-13T16:03:15+02:00